Diabetiese Brownies

Oond 180 ge C. Sif saam in mengbak: 180 ml bruismeel, 180 ml kakaopoeier, 5 ml koeksoda en 2 ml sout. Voeg by: 150 ml hawersemels [oat bran].  Klits saam: 2 eiers, 250 ml versoeter suiker, 2 t vanillageursel 200 ml plein jogurt en 30 ml canola/sonneblom olie. Roer by meelmengsel. Druk 250 gr  tert-appels fyn met vurk, of gebruik appelmoes, en roer by. Skep in gevoerde, gesmeerde vierkantige koekpan. Bak vir 30-40 minute. Koek kan nog effe klam in middel wees. Laat 5 minute staan. Keer uit op afkoelrakkie. Sny in blokke.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos