Gebakte Aaartappelslaai

Sny 6 gekookte aartappels,nie pap gekook, in blokkies en plaas in bak, Maak witsous van l en ‘n half k melk, 2 E margarine, 2 E koekmeel en sout en peper na smaak. Meng dan met ‘n kwart k mayonaise, 1 E aangemaakte mosterd en gooi oor aartappels, meng liggies deur. Rasper dan cheddar kaas en sprinkel bo-oor. Bak vir 30 minute by 180 gr C. Bedien saam met braaivleis.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos