Gebakte Wortelpoeding

Oond 180 gr C.   Deeg:  Klits saam: 2 E sagte margarine, 2 k suiker, 2 eiers en 5 ml lemoen essens.  Roer 3 k grof gerasperde wortels by.  Sif saam: 2 k koekmeel, 3 t bakpoeier en 2 ml sout. Roer by wortelmengsel. Stroop: Gooi in kastrol: 750 ml water, 1 k suiker 2 E margarine, knippie sout en 1 t lemoen-essens. Kook deur en gooi versigtig in diep oondbak. Skep deeg in die stroop en bak vir 1 uur tot gaar. Bedien met dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos