Geroosterde Varkrib

Oond 160 gr C.  Sny vel af van 1,5 kg varkribstuk.  Sny met skerp mes snye in dik deel van vleis.  Plaas in plat glasbak en sprinkel vlg oor: Meng saam: 125 ml appelkooskonfyt, 50 ml suurlemoensap en 50 ml sojasous. Draai heen en weer dat hele rib vol sous is. Bedek en plaas in yskas. minstens 2 ure. Sprinkel met sout en peper na smaak. Paas rib in oondpan met dik stuk onder-in pan en bedek met tinfoelie. Bak vir 2 ure, maar draai elke half uur om en gooi van pan-sappe oor.  Haal foelie af en bak verder tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos