Goedkoop Herderspastei

Oond 180 gr C. Kook 5 groterige aartappels tot sag. Maak fyn en voeg melk, botter , sout en klont botter by. Hou eenkant warm. Braai 1 gekapte ui in olie tot sag en voeg 500 gr maer maalvleis by. Voeg 1 blikkie gemengde groente, met sous by en kook deur, geur met braaivleis speserye en sout na smaak en maak sous dik met 1 E souspoeier. Skep in diep oondbak en skep aartappels bo-oor. Stip met klontjies botter en bak vir 30-40 minute tot gaar. Bedien met pampoenkoekies of soet patat.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos