Grenadillatert.

Maak 1 pakkie suurlemoenjellie aan met 1 k kookwater. moenie stol, net afkoel. Klits 1 blik yskoue Idealmelk styf en roer jellie by, klits deur, voeg 125 ml strooisuiker by, klits deur. Voeg dan 1 blikkie grenadillamoes by. Pak tennisbeskuitjies onder-in tertbak en gooi vulsel bo-oor. Jy kan ook lagies pak. Eindig dan met vulsel. Verkoel in yskas. Bedien met ekstra grenadillamoes as verkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos