Hawermout Vierkante

Oond 180 gr.    Meng saam in mengbak; 500 ml hawermout, 250 ml bruismeel, 1/4 t sout, 250 ml klapper en 250 ml suiker.   Smelt 130 gr margarine en 30 ml gouestroop in kastrol.  Laat afkoel en roer 5 ml koeksoda by 25 ml melk en roer by stroopmengsel. Roer ook 2 t asyn by. Roer bestandele bymekaar. Gooi mengsel in goed gesmeerde bakplaat en bak 20-30 minute tot goudbruin.   Sny dadelik in blokkies en haal versigtig uit met eierspaan. Laat afkoel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos