Tot Sy eer.
Search

Heerlike Sitrusstroop

Moenie dat die Engelse sout in die resep jou afskrik nie. ‘n Mens proe dit glad nie. Dit lewer sowat 3L Stroop.Jy Benodig:

6 lemoene
6 Suurlemoene
1.5 L Kookwater
1.2 kg (6 maal 250 ml) suiker
1 koevert (15 of 25 g) Engelse sout.

Rasper die skil van 3 lemoene en 3 suurlemoene af. Druk die sap van al 6 lemoene en suurlemoene uit. Gooi die lemoen- en suurlemoenskil in ‘n groot kastrol, gooi die kookwater oor en laat dit 10 minute trek. Syg die vloeistof deur. Gooi die skil weg. Voeg die suiker en Engelse sout sowel as die lemoen- en suurlemoensap by die warm vloeistof en roer tot gemeng. Gooi die stroop in bottels, kurk toe of draai die proppe op en bewaar tot benodig.

Om te skink: Verdun die stroop na smaak met yskoue sodawater of gewone water

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos