Hoenderbredie

Kook hele hoender met sout en peper en neut en bietjie witwyn of bruinasyn.Laat afkoel en ontbeen maar asb hou die sous.Vul die sous aan met kouewater tot 625ml.’n pakkie mushroomsoppoeier.100g Macaronistukke of pasta van jou keuse.2 middelslag ui in blokkies gesny.4 middelslaf tamaties vel afgetrek of geskil en blokkies gesny.125 ml koekmeel.200 ml water.250g gerasperde kaas van jou keuse.Kook jou hoenderaftreksel en water met soppoeier tot dik.Kook jou pasta tot al dente m a w net nie pap nie.Neem bietjie botter of olie van jou keuse smelt in pas en gooi uie by en braai tot sag.Gooi in tamaties by en kook tot sag.Meng nou meel en water en gooi by uie en tamatiemengsel en kook tot dik.Gooi nou sopmengsel ook by en volg met jou gesnipperde gaan hoender en al dente gekookte pasta.Gooi in ‘n bak en strooi koppie kaas bo oor.Jy kan dit bak in die oond tot kaas mooi kleur het maar as jy haastig en hongerv is geniet hom netso.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos