Tot Sy eer.
Search

Jogurt Klapperkoek

Oond 180 gr C. Klits 4 eiers, 375 ml suiker, 125 ml kookolie en 1 t vanilla geursel vir 5 minute saam. Sif 500 ml koekmeel, 3 t bakpoeier, knippie sout  en roer 5 E klapper by. Roer by eiermengsel met 200 ml plein jogurt. Skep in gesmeerde, gevoerde vierkantige koekpan en bak 30-40 minute tot gaar. Koel 5 minute in pan af en keer op afkoelrakkie. As koud, versier met gewone lemoen versiersel en sprinkel geroosterde klapper oor.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos