Tot Sy eer.
Search

Kerrie-Pynappel Ftikkadelle

Frikkadelle:  Braai 1 gekapte ui in bietjie olie, braai 2 t medium kerriepoeier by en skep uit en koel af.   Meng vlg saam in bak: 2 dik snye dag-oue witbrood in bietjie water. Druk water uit, voeg by: 80 ml melk,  600 gr maalvleis, 45 ml vrugteblatjang, 30 ml asyn, 1 groot gerasperde geelwortel ,1 geklitste eier en voeg uie mengsel by. Geur met sout en peper.  Meng met vurk deur en vorm bolletjies. Plaas in ‘n oondbak.    Sous: Braai 3 gekapte ui in bietjie olie, Roer 3 E medium kerriepoeier by, 125 ml asyn, 5 ml borriepoeier, 30 mil bruinsuiker, 60 ml appelkooskonfyt en 400 ml kookwater. 1/4 t sout en 1 blikkie fyn- of stukkies pynappel met sous en al.  Kook 10 minute en gooi oor frikkadelle in oondbak.   Bak oop vir 45 minute by 180 gr C. Bedien op wit rys.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos