Tot Sy eer.
Search

Klam Sjokoladekoek

Klits saam: 300 gr sagte margarine, 2 k suiker, 5 groot eiers en 1 t vanilla essens saam. Sif 3 k koekmeel, 4 t bakpoeier, 1/2 t koeksoda, 1/2 t sout en 150 ml kakaopoeier saam. Roer om beurt met 1 en 1/2 k karringmelk by eiermengsel. Skep deeg in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne.   Bak 40 minute by 180 gr C   tot gaar.   Keer uit op afkoelrakkie. Laat koud word en versier soos verkies.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos