Koffie Roompies

Klits saam:  1 1/2 k suiker en 1 1/2 k sagte margarine.  Roer bymekaar: 1/2 k warm melk, 2 E stroop, 2 t sterk kitskoffie-korrels, 1 t vanillageursel, 1 t koeksoda en 2 t asyn. Roer die twee mengsels bymekaar en sif 4 k bruismeel en 1/2 t sout. Maak sagte hanteerbare deeg aan. As te styf. voeg bietjie melk by, as te sag, nog bietjie bruismeel.  Laat deeg vir 1 uur staan. Sit deeg deur vleismeul en koekie-vorm of rol bolletjies.  Plaas op gesmeerde bakplaat en bak tot gaar by 180 gr C.   Plak opmekaar as afgekoel met vlg vulsel: Meng saam: 2 E sagte margarine, 1 t kitskofie, 1 t vanillageursel en genoeg versiersuiker om smeerbare vulsel te maak.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos