Kondensmelk Melktert

Maak koekiekors met 1 pakkie fyngerolde tenniskoekies en 4 E gesmelte botter. Druk vas in diep tertbak.  Maak vulsel: Gooi in groot kastrol: 1 blikkie kondensmelk, 2 blikkies warm water, bietjie sout en 1 E botter. Bring tot kookpunt. Meng 3 E maizena, 2 eiergele en bietjie water. Voeg in dun straaltjie by kokende melk in kastrol, terwyl jy roer met draadklitser. Laat opkook en trek van stoof af.  Klits  eierwitte styf en vou met lepel by melkpap. Gooi in tertkors en sprinkel fyn kaneel oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos