Kondensmelk Tipsy Tert

Oond 180 gr C.   In glasbeker; 300 ml gekapte en ontpitte dadels, 125 ml gekapte rooi cherries, 1 t koeksoda  en 150 ml warm melk. Hou eenkant.  Klits saam: 150 gr sagte margarine en 150 ml bruinsuiker. Voeg melk- mengsel en 450 ml bruismeel en 2 ml sout by en roer ook 2 t asyn by. Skep deeg in diep gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute tot gaar. Terwyl tert bak maak sous om oor te gooi.  In kastrol: 1 blik kondensmelk, 150 ml warm water, knippie sout en 2 E brandewyn of 2 t vanilla geursel. Kook deur en gooi dadelik oor tert as dit gaar gebak is. Steek gate met toetspen in tert dat sous oral kan intrek.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos