Kondensmelktert.

Skep 1 blikkie kondensmelk in groot kastrol en voeg daarby: 2 blikkies warm water, 2 t vanilla essens en 1/4 t sout. Skep 1 E botter by.

Meng in beker: 75 ml vlapoeier en 2 eiergele ook klein bietjie water. Klits deur met draadklitser en roer versigtig by melkmengsel as dit begin kook. Laat opkook en trek van stoof af.
Klits 2 eierwitte styf en vou by melkpap in.
 Pak laag Tennis beskuitjies onder-in tertnak en skep helfte van vulsel oor. Pak nog ‘n laag beskuitjies op melkpap en gooi orige pap oor. Sprinkel fyn kaneel oor.
 Laat louwarm afkoel en geniet.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos