Tot Sy eer.
Search

Korslose Souttert

Oond 180 gr C.    Breek 2 dik.snye witbrood in stukkies en plaas in kastrol. Voeg 25 gr botter en 500 ml melk by. Kook saggies terwyl jy roer tot ‘n pap.  Laat effe afkoel. Braai 1 pakkie bacon-stukkies en 1 medium gekapte ui in bietjie olie. Roer by papmengsel. Roer ook 1 klein blikkie weenseworsies, in stukkies gesny, en 2 k gerasperde kaas by. Geur met sout en peper en roer ook 4 geklitste eiers en 2 E fyngekapte pietersielie by, Skep in diep oondbak en bak vir 35 minute tot goudbruin.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos