Lamsboud in Prutpot

Braai lamsboud bruin in olie, in groot kastrol op stoof. Skil 4-5 aartappels en sny in wiggies, pak onderin prutpot, ook 2 knoffel huisies. Sit lamsboud bo-op en plaas nog 2 knoffelhuisies bo-op en ook takkies roosmaryn. Gooi 1 en half t sout oor. Gooi 1 glas rooiwyn bo-oor. Maak bo-oor toe met tinfoelie en plaas deksel van prutpot op. Stel prutpot op “Low” en laat vir 6-8 ure staan. Haal versigtig ui en ook die aartappels. Gooi sous uit in kastrol en maak dikker met maizena, kook deur. Bedien met rys en soet groente.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos