Lekker sous tjops

Geur 125 ml koekmeel met braaivleisspeserye en rol 8 dik vark of lamtjops daarin. Bak alkant bruin en pak in oondpan. Braai 2 gekapte uie en 1 geskilde appel, in blokkies, in dieselfde pan. Voeg 1k hoenderaftreksel, 125 ml tamatiesous, 30 ml asyn, em 30 ml heuning by. Laat opkook en gooi oor tjops. Bak in oond, 180 gr C, vir 50-60 minute. Draai tjops na helfte van tyd om. Bedien met kapok aartappels of aartappelskyfies en slaai.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos