Lekker worsbroodjies

Sous: Braai gekapte ui en knoffel, na hoeveelheid broodjies, in bietjie canola olie. Voeg geskilde, gekapte tamaties en gesnyde sampioene by en roerbraai. As effens verdik, voeg tamatiesous en soetrissie-sous by, ook bietjie suiker en sout en peper na smaak. Kook tot lekker dik. Roer gedurig, dit brand maklik aan. Hou een kant. Sny lang buns bo-op oop en plaas worsie binne-in, dan sous en dan motzorella kaas, gerasper. Plaas onder oondrooster en bak tot kaas gesmelt en broodjies lekker bros. Bedien met aartappel-skyfies, [slap chips]

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos