Marble Sheetcake. Plaatkoek

Oond 180 gr C.   Alle bestandele in mengbak: 400 ml suiker, 375 ml sagte margarine, 7 groot eiers, 3 k bruismeel, 1/2 t sout, 3 t bakpoeier, 60 ml melk en 2 t vanilla geursel.   Klits alles goed met elektriese klitser.  Deel deeg in helfte. Sif 2 E kakao poeier by een deel en roer goed deur. Gooi 2 mengsels om beurt in goed gevoerde, gesmeerde oondpan.  Bak vir 40 minute tot gaar. Versier met sagte botterversiersel, of sny in blokke.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos