Tot Sy eer.
Search

Mieliebroodjie

Oond 190 gr C. Spuit en voer  ‘n broodpannetjie uit met bakpapier en kleef werende sproei. Meng saam in mengbak: 1 k koekmeel, 1 k mieliemeel, hoe growwer, hoe beter, 45 ml suiker, 3 t bakpoeier, halwe t sout en knypie brandrissie poeier.  Meng die vlg nat bestandele: 1 k karringmelk, 45 ml olie, 45 ml heuning, 2 eiers, geklits. Roer by droë bestandele en roer 1 k heelpit mielies en halwe k  gekapte rooi en groen soetrissie  by.  Skep in broodpan en bak 40-50 minute tot gaar. Laat effe afkoel in pan en keer dan uit op afkoelrakkie.  Eet met botter.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos