Ongebakate Vrugtekoek.

Voer broodpan, 21×11 cm uit met kleefpapaier en spuit met kossproei. Breek 2 pakkies Tennis/Marie koekies in stukkies. Roer 1 k cherries, deurgesny, by en 60 gr vrugtekoekmengsel en ook 50 gr gekapte neute. In kastrol: 1 blikkie kondensmelk, 110 gr botter, 250 gr sjokolade en 2 t vanillageursel.. ….smelt saam en roer koekiemengsel by, meng goed deur en skep in broodpan. Druk netjies plat en verkoel 2-3 ure. Haal uit pan, met kleefpapier, haal papier af en sny in skywe

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos