Tot Sy eer.
Search

Perske Atjar

Braai 2 gekneusde knoffelhuisies, 2 uie, in ringe gesny, 1 klein, rooi brandrissie, 15 ml mosterdpoeier, 10 ml fyn koljander in bietjie olie. Voeg 2 gekapte rooi en 2 gekapte groen soetrissies by en roerbraai tot sag, Voeg 4 groot blikke gesnipperde geelperskes, dreineer, by en 500 ml asyn en 250 ml suiker. Kook vir 15-20 minute, saggies, roer af en toe, voeg halwe t sout by. Maak 2-3 t maizena een met bietjie water en roer by. Kook tot verdik en sous blink. Skep in gesteriliseerde bottels en eet as slaai by kos.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos