Piesangbrood-Poeding

Smeer 10 snytjies piesangbrood met botter en sny in drie-hoekies. Pak in oondbak. Sprinkel paar sultanas oor. Klits 4 eiers, 375 ml melk en 125 ml suiker en ook 1 t vanilla essens saam en gooi bo-oor brood. Maak seker dat elke stukkie brood met die melkmengsel deurweek is.  Jy kan ook 1 t suurlemoen-skil, fyn gerasper, by melkmengsel voeg. Laat vir 10 minute staan en bak dan by 180 gr C. vir 30 minute. Bedien met dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos