Tot Sy eer.
Search

Pynappel en Gemmer Varkboud

Oond 180 gr C. Sous: 1 blikkie fyn pynappel, 2 fyn knoffelhuisies en 1 E fyngekapte, vars gemmer. Meng saam in glasbeker.  Vryf 1 tot 2 kg varkboud in met bietjie fyn koljander en sout na smaak. Druk paar heel naeltjies in boud. Plaas boud in oondpan en gooi sous bo-oor boud. Gooi 1 k warm water onder-in oondpan en bedek pan met foelie. Oondbraai vir 2 ure en haal foelie af en steek terug in oond, draai oond na 200 gr C. Bak goudbruin vir kwartier. Versier boud met heel ringe pynappel en bedien met groente van jou keuse.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos