Roly Poly Poeding

Oond 180 gr C. Gooi 2 k Bruismeel, kwart t sout en 125 gr sagte botter in mengbak. Vryf botter in meel, moet soos broodkrummels lyk. Klits saam: 2 eiers en 80 ml melk. Meng 2 mengsels met mekaar tot sagte deeg. Rol deeg uit en smeer dik met appelkoos of bessiekonfyt. [Jy kan ook gekapte neute oorsprinkel of vrukgtekoek mengsel oor sprinkel ] Rol deeg in lengte op en sny in stukke. Pak in ‘n diep gesmeerde oonbak, gooi vlg sous bo-oor. Sous: Voeg saam: 2 k kookwater, 1 en kwart k suiker, 25 gr botter, 2 t vanilla geursel en knippie sout. Roer tot suiker opgelos is. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin en gaar. Bedien met baie, dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos