Roomys vir diabete

Klits 1 blikkie yskoue Lite Ideal melk. Voeg by; 1 t gelatine, geweek in 1 E koue water, geroer by driekwart k kookwater. Voeg ook halwe k Canderel suiker lepel vir lepel by, terwyl jy die mengsel klits. Voeg 1 t vanilla geursel by en klits goed deur. Skep in plastiekbak met deksel, klits na 45 minute weer deur, vries weer vir 2 ure, klits weer goed deur. Laat nou in vrieskas tot hard gevries. Jy kan ook vars vrugte, soos enige bessies by klits.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos