Sjokolade Plaatkoek [Maklik]

Oond 180 gr C.     Klits 3 groot eiers en 2 k suiker tot liggeel.  Voeg 125 ml kookolie by en klits goed.  Sif 500 ml bruismeel, 125 ml kakaopoeier, 1/4 t sout en 1 t koeksoda saam. Roer by eiermengsel en ook 310 ml karringmelk en 1 t vanilla/karamel/rum geursel. Skep deeg in gevoerde, gesmeerde oondpan. Bak vir 30-40 minute tot gaar.  Koel af en smeer caramel kondensmelk oor.  Sny in blokke.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos