Slow Cooker Tamatiefrikkadelle

Skakel slow cooker op High. Voeg 2 blikkies tamatie en uie-mengsel en 3 E suiker in slow cooker.  Meng vlg bestandele saam: 500 gr maalvleis, 2 eiers, 1 k broodkrummels, 1 t sout, 1 t braaivleisspesserye, 1 klein gerasperde ui, 1/2 t fyn komyn [cumin] 1 t fyn koljander, 2 E vars, gekapte pietersielie.   Maak bolletjies en pak in sous.  Sit deksel op en prut vir 1 uur.  Draai bolletjies om, versigtig met ‘n lepel.  Prut vir nog 1 uur. Bedien op wit rys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos