Tot Sy eer.
Search

Tamatie Rissie Konfyt

Gooi in konfytkastrol: 2,5 kg suiker, 2,5 kg konfyt-tamaties, in kwarte gesny, 1 t sout, 6 ontpitte brandrissies, in repies gesny, sap van 1 suurlemoen, 2 E vars gemmer, in stukkies gekap en 4 groen, geskilde, gerasperde appels. Roer goed deur en verhit. Roer tot suiker opgelos en kook vinnig soos gewone konfyt, roer kort-kort. Omtrent 1-1 en half uur lank..pasop vir aanbrand. Konfyt is reg as jy dit op ‘n koue piering skep, draai piering dwars, as rimpels maak, is konfyt reg. Skep in gesteriliseerde botteltjies, koel af en draai styf toe. Heerlik op roosterbrood en skonsies. In plaas van groen appel, kan jy ook p1 blikkie fyn pynappel by voeg

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos