Telefoonpoeding

Oond  180 gr C.

Meng saam in mengbak: 1 en 1/2 k bruismeel, 1 k suiker, 1/2 k sagte margarine, 1/4 t sout, 2 eiers, 1/2 t koeksoda, 1 t fyn gemmer, 1 E hoogvol appelkooskonfyt en 1 E asyn. Meng tot gladde beslag. As deeg te droog is, voeg bietjie melk by.
Skep in oondbak en bak vir 30-35 min tot gaar.
Gooi vlg sous oor.
Meng 1 k suiker,  2 en 1/2 k kookwater en 1/4 t sout.
Roer tot alle suiker opgelos is,
Steek gaatjies in gaar poeding met vurk en gooi sous versigtig oor.
Bedien met baie vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos