Tipsy Tert

Sny 1 pakkie dadels kleiner en gooi 1 t koeksoda en 1 k kookwater oor. Oond 180 gr C.      Klits saam: 2 groot eiers, 250 ml suiker, 2 E sagte botter en 1 t vanilla essens. Roer dadelmengsel by.  Sif saam: 375 ml bruismeel en 1/4 t sout.  Roer by dadelmengsel. Skep in diep oondbak en bak  vir 40-50 minute tot gaar.      Maak Sous terwyl tert bak.   Sous: In kastrol: 250 ml suiker, 1 t botter, 180 ml kookwater, knippie sout, 1 t vanilla essens. Roer tot suiker opgelos is en voeg dan 100 ml brandewyn by.   Jy kan ook 1/2 k gekapte cherries by deeg voeg saam met dadels.    Gooi warm sous oor warm tert.  Bedien met dun vla, roomys of room.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos