Vrugtebroodjie

Oond 180 gr C.  Meng saam in bak: 100 gr makataan stukkies met stroop, of gemmerstukkies, 100 gr rooi cherries, 100 gr vrugtekoekmengsel, 50 gr sitrusskil en 100 ml soetwyn. Laat vir 15 minute staan. Voer klein broodpannetjie uit met bakpapier en smeer.  Klits saam: 125 gr botter, 125 ml suiker en 2 groot eiers.  Voeg daarby: 375 ml bruismeel en ‘n knippie sout. Meng by eiermengsel en roer vrugtemengsel by. Skep in pan en bak vir 50 minute tot gaar. Gooi nog bietjie soetwyn oor, laat vir 15 minute n pan staan en keer dan uit op afkoel rakkie. Sny in skywe en bedien met koffie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos