Wortelkoek

Oond   180 gr C.     Verroom in mengbak: 250 ml suiker, 250 ml olie en 3 eiers.   Sif saam : 375 ml koekmeel, 10 ml bakpoeier, 5 ml koeksoda, 10 ml fyn kaneel en 2 ml sout. Roer 250 ml fyn ryp piesangs en 250 ml grof gerasperde wortels, 2 t asyn en 125 ml gekapte okkerneute by eiermengsel en roer meelmengsel by. Skep in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne. Bak 30-40 minute tot gaar.   Laat afkoel en versier met vlg versiersel.     Versiersel: Verroom 100 gr sagte margarine, 375 ml versiersuiker, 80 ml roomkaas, 5 ml vanilla essens en knippie sout saam. Smeer tussen koek-lae en bo-oor.   Sprinkel gekapte neute bo-oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos