An se Lasagne

Vleissous: Braai 1 gekapte ui, 1 gekapte greenpepper, 1 t fyn knoffel.  Roer 500 gr maalvleis by. Roer tot verkleur. Roer 2 blikke ingelegde tamaties by, sous en al, 1 E tamatiepasta, 2 E tamatiesous, 1 biefblokkie en 1 k kookwater. Geur met sout.  Kook omtrent 1 uur lank op sagte hitte.  Die sous moet souserig wees.    Witsous:  2 k melk, 2 E koekmeel, 1 E botter en knippie sout. Roer op medium-hitte tot begin kook. Kook saggies vir 2 minute.    Maak Lasagne: Skep bietjie vleissous onder-in diep oondbak, dan laag lasagne-velle, dan bietjie witsous. Herhaal lae en eindig met laag witsous. Sprinkel Gerasperde Cheddarkaas bo-oor. Sprinkel  fyn paprika oor en bak vir 1 uur by 180 gr C.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos