Appel Frummelpoeding

Kook saam: 6 geskilde appels, in stukkies gesny, 50 ml bruinsuiker, knippie sout, 1 k water en 2 E sultanas.  So 10 minute lank. Skep in tertbak.   Meng saam:  500 ml fyner gedrukte graanvlokkies, 50 ml bruinsuiker, 1/2 k klapper, 1/2 k rou hawermout. Vryf 80 ml margarine grof-weg in. Sprinkel oor appels. Stip met klontjies margarine. Bak 30-40 minute tot goudbruin.  Eet met dun vla of roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos