Appelkoos Vierkantjies

Oond 180 gr C.   Sif saam in mengbak: 500 ml koekmeel, 2 t bakpoeier, 1/4 t sout. Voeg 2 E suiker en 4 E klapper by en vryf 125 ml margarine in.  Klits 1 eier en roer 100 ml water by. Voeg by droë bestandele en maak aan tot sagte deeg. Deel in 2 porsies. Draai 1 deel in plastiek toe en plaas in vrieskas. Druk ander deel in gesmeerde bakplaat en smeer mildelik met appelkoos/aarbei/youngbessie konfyt. Rasper deeg in vrieskas bo-oor. Moenie vasdruk nie. Bak vir 20-30 minute tot ligbruin.  Koel af vir 10 minute. Sny in blokkies en haal met eierspaan uit as afgekoel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos