Asyn Poeding.

Oond 180 gr C.     Los 1 t koeksoda op in 180 ml warm melk. Klits 1 eier en 125 ml suiker goed saam. Sif 250 ml bruismeel en kwart t sout saam. Roer meel om beurt met melk by eiermengsel. Roer 1 E appelkooskonfyt en 1 E asyn by.    Skep in diep gesmeerde oondbak en bak vir 35 minute tot gaar.    Maak intussen die sous:  Kook saam: 250 ml suiker, 125 ml water, 250 ml room en 2 T margarine. Haal van stoof af en roer 5 ml rum geursel by. Jy kan ook vanilla of caramel geursel gebruik.  Gooi sous oor gaar poeding sodra uit oond kom.  Bedien met vla of roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos