Tot Sy eer.
Search

CREMORA PYNAPPEL TERT.

Maak koekiekors van 1 pak Tenniskoekies, fyner gerol, gemeng met 3 E gesmelte botter. Druk vas in diep tertbak.    Meng 250 gr Cremora en 90 ml kookwater. Laat staan vir 3 ure. Klits nou vir 10 minute.    Meng 1 blik kondensmelk met 125 ml suurlemoensap. Meng met Cremora en klits weer goed deur. Dreineer 1 blikkie fyn pynappel en roer by Cremoramengsel. Skep in tertkors. Hou in yskas.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos