Dadel en Lemoenkoek

Oond 180 gr C.

Maak een hele lemoen, opgesny met skil en al en 1 k dadels fyn in voedselverwerker, of maal lemoen fyn. Skep in groot beker en sprinkel 1 t koeksoda oor en ‘n 1/4 k melk.  Laat eenkant staan.

Klits 1 k suiker, 3 groot eiers en 1 k sagte margarine goed saam. Sif saam: 2 k bruismeel en 1/2 t sout. Roer by eiermengsel en roer dadel/lemoenmengsel by.   Skep beslag in 2, 20 cm ronde gevoerde en gesmeerde, koekpanne, Bak vir 30 minute tot gaar.   Koel af op draadrakkie en versier met lemoenversiersel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos