Dadel Pot Poeding

Maak sous: Alle bestandele in groot kastrol: 400 ml bruinsuiker, 4 k water, knippie sout, 2 E appelkooskonfyt, 2 E margarine, halwe t fyn kaneel. Bring tot kookpunt en draai op laagste hitte. Prut 5 minute.  Maak deeg: Sif saam: 2 k bruismeel, 1 t koeksoda, halwe t fyn kaneel,  en kwart t sout. Voeg 2 E sagte margarine asook halwe k fyngekapte dadels en 1 k melk. Roer bestandele goed saam tot slapperige deeg. Skep lepels-vol in kokende stroop, Sit deksel van kastrol op en prut verder vir 15-20 minute tot gaar. Moenie deksel lig nie. Bedien met vla of roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos