Droom Kaaskoek

Oond 160 gr C.   Maak kors van 1 pakkie tenniskoekies, fyn gerol en gemeng met 50 ml gesmelte margarine. Druk onder in boom van los-boom pan.  Klits saam: 500 gr gladde maaskaas, 500 ml plein yogurt, 3 eiers en 250 ml strooisuiker.  Sif saam: 350 ml bruismeel en 80 ml kakao-poeier en knippie sout.  Vou by kaasmengsel in. Skep op kors in pan. Plaas pan op bakplaat. Bak vir 1 1/4 uur.  Skakell oond af en laat koek in oond afkoel.   Eet net so of bedien met stroperige aarbeie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos