Eksotiese Wortelkoek

Oond 180 gr C.   Klits saam: 4 eiers en 500 ml suiker tot lig en romerig.  Klits 375 ml olie gelydelik by.   Sif 500 ml Bruismeel, 10 ml fyn kaneel, 5 ml sout, 5 ml speserye.  Klop geleidelik by eiermengsel.  Roer 500 ml grof gerasperde wortels by. Ook 200 ml klapper, 2 fyngedrukte piesangs, 100 gr gekapte okkerneute, 2 t fyn gerasperde suurlemoenskil en 1 klein blikkie [227 gr] pynappel.  Roer deur en skep in 2 groot ronde, gevoerde, gesmeerde koekpanne.  Bak vir 40-50 minute tot gaar.  Keer uit en koel af.     Versiersel;   Klits saam; 80 gr sagte margarine, 500ml versiersuiker, knippie sout, 5 ml vanillageursel en 2 tot 4 E sagte roomkaas.  Smeer tussen en bo-op koeke.  Sprinkel gekapte neute bo-oor as verkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos