Frikkadelle in Kerriesous

Maak frikkadelle : 500 gr maalvleis, 2 t gekapte knoffel, 1 klein ui, gekap, sout en peper na smaak. Rol klein bolletjies kleiner as ‘n gholfbal, en plaas in yskas.  Maak sous: Braai 2 t rooi kerriepasta in 2 E kookolie vir 1 minuut. Voeg 2 E gekapte ui en 2 geskilde, gekapte tamaties by en roerbraai nog 1 minuut. Roer 1 blikkie klappermelk en 1 1/2 k water by. Laat mengsel kook, draai hitte laer en kook 10 min. Roer 2 E worcestersous en half t sout by. Plaas frikkadelle versigtig in sous. Kook saggies vir 10-15 minute tot bolletjies gaar is. Bedien op rys of pasta.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos