Gebakte Hoender in Tamatie en uie Sous

Oond 200 gr C.

Pak 8-10 rou hoenderstukke in oondpan en sprinkel sout en hoenderspesserye.  Gooi 2 E olyfolie oor.
Sprinkel gemengde kruie oor en volg dan met 2 blikkies Tamatie en uie smoor.
Plaas in oond en bak vir 45 minute, draai hoenderstukke om en bak vir verde 30 minute tot gaar en sous dik. [as sous te dun is, meng 1 t maizene met bietjie water en roer deur sous, bak verdere 10 minute.
Bedien met wit rys of kapokaartappel en groente.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos