Gemmer-Klapper Koekies

Oond 180 gr C.   Klits saam:  185 gr sagte margarine, 1 en 1/2 k suiker, 1 groot eier. Roer 2 E appelkooskonfyt en 1 E asyn by. Sif saam; 3 k bruismeel, 1/2 t sout, 1 t koeksoda, 1 t kremetart, 3 t fyn gemmer. Roer by nat mengsel en roer 1 k klapper by. Laat deeg 1 uur rus.  Maak bolletjies van deeg [bietjie groter as ‘n okkerneut] en plaas dit op gevoerde, gesmeerde bakplaat. druk effe platter. Bak 25 minute tot goudbruin en gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos