Gemmerkoekies

Oond 180 gr C.

Klits saam: 250 gr sagte margarine, 450 ml suiker en 2 groot eiers tot lig en romerig. Voeg 125 ml fyn appelkooskonfyr by en klits deur. Sif saam: 4 k koekmeel, 2 t koeksoda, 1 E fyn gemmerpoeier, 2 t gemengde speserye en 1/2 t sout.  Roer by nat mengsel en maak met hande aan tot hanteerbare deeg. Rol bolletjies en plaas op gesmeerde, gevoerde bakplate, Druk effe platter met palm van jou hand en bak 15-20 minute tot goudbruin en gaar.  Koel af en plaas in lkugdigte houers.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos