Gevulde Gebakte Tamaties

Oond 180 gr C.   Neem 8 groot tamaties en sny bokant van elke tamatie af, Skep pitte uit in ‘n  bak.  Pak tamaties in ‘n oondbak. Voeg vlg by tamatie-pitte;  150 gr sagte bokmelkkaas of gerasperde kaas,  250 ml sagte broodkrummels, 1 geklitste eier, 20 ml olyf-olie en stukkies orige gaar hoender.  Sprinkel sout en peper in tamatie holtes en skep vulsel in tamatieholtes, Plaas die bo-kante weer op vulsel. Sprinkel 45 ml olyfolie bo-oor en bak vir 30 minute.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos