Gouestroop Kluitjies

Stroop: In groot kastrol: 2 k water, 60 gr botter, 250 ml bruinsuiker, 100 ml gouestroop, 1 kaneelstokkie, halwe t fyn gerasperde suurlemoen skil, 2 E suurlemoensap en kwart t sout. Kook saam tot suiker en stroop gesmelt en draai dan laer.     Maak deeg aan; Meng saam: 350 ml bruismeel, 60 gr gesmelte botter, halwe t sout en 1 eier, geklits met 3 E melk. Roer goed deur en skep lepels-vol in kokende stroop. Kook saggies met deksel vir 15 minute, Skep kluitjies in glasbak en kook stroop nog tot dik en stroperig. Skep oor kluitjies en bedien met warm dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos